Back | Jy is ‘n Prinses – Ma en Dogter oggend 1 Julie @ Willowbridge

 “Jy is ‘n Prinses” Ma en Dogter oggend

in samewerking met

Media vennote; Finesse & Tygerberg104FM

 

 Op Saterdag 1 Julie 2017 van 9:30-12:00 verander Barnyard Willowbridge in ‘n pragtuin van blomme, drome en wense wat waar word! Finesse Tydskrif en 4Minutes#CoffeeAndConvos in samewerking met Tygerberg104FM nooi Mammas en klein dogtertjies tussen die ouderdom van 4-10jaar na ‘n spesiale Ma & dogter prinses oggend vol bederf.

 

Jy is 'n Prinses

 

Die waarde van die ‘Prinses Ma en dogter’ oggend?

 

“Jy is ‘n Prinses” is ‘n Ma en dogter oggend waar dogtertjies hul mooiste prinsesrokke kan aantrek, groot krone op hul koppe sit en die kans kry om saam met van hul gunsteling Prinsesse tyd te spandeer terwyl daar bederf word met tee & eetgoed en bekende prinses liedjies gesing word met die oog op karakterontwikkeling.

 

Die tema is ‘Jy is ‘n Prinses’ en alles hier rondom word aangespreek; lewenslesse en karakterbou, waar om jou waarde te vind en hoe om ‘n boelie te hanteer.  Hierdie onderwerpe word aan die hand van toneelspel en videos geleer uit die harte van baie bekende Suid-Afrikaanse vroue wat vir 2-ure ‘n kroon en prinses rok aatrek om die boodskap van waarde oor te dra!

 

 

Prinses rokke van die hoogste kwaliteit word vanuit Amerika ingevoer om seker te maak dat onder andere;

  • Belle van Beauty and the Beast in die Prinses van liefde verander
  • Cinderella die rol van die Prinses van Hoop en
  • Elsa van Frozen die waardes van die Prinses Moed weergee

Dogtertjies sal die kans gegun word om saam met hul gunsteling prinses tyd te spandeer, maar ook ‘n kosbare lewensles te leer terwyl daar tee gedrink en gesing word!

 

Fair Cape Dairies het ‘n wonderlike verrassing vir al die prinsesse wat op die dag by die “jy is ‘n Prinses” Ma en Dogter Tee gaan bywoon. Ons sien uit om almal daar te sien.

Oplaai jou fotos met jou Prinses Rok en Fair Cape Dairies produk.

    This recipe is part of these collections:

  • Lockdown Recipes 2020